Henry van de Velde

Henry van de Velde
Henry van de Velde in 1904
Portret deur Nicola Perscheid
Gebore
Henry Clement van de Velde

3 April 1863
Sterf25 Oktober 1957 (op 94)
NasionaliteitVlag van België België
BeroepArgitek, binneargitek, ontwerper, kunsteoretikus en hervormer
Bekend virVilla Bloemenwerf in Ukkel (1895)
Kunstgewerbeschule Weimar (1907)
Deutsches Werkbund Theater in Keulen (1914)
Universiteitsbiblioteek met Boekentoren in Gent (1933)
Ouer(s)Guillaume Charles van de Velde

Henry Clement van de Velde (* 3 April 1863 in Antwerpen; † 25 Oktober 1957 in Zürich) was 'n Belgies-Vlaamse argitek, binneargitek, ontwerper, kunsteoretikus en hervormer.[1] Naas Victor Horta en Paul Hankar is hy een van die belangrikste wegbereiders en hoofverteenwoordigers van Art Nouveau-kuns in België, alhoewel hy 'n groot deel van sy loopbaan in Duitsland deurgebring het. Hier was hy saam met Hermann Muthesius en Friedrich Naumann een van die medestigters van die Deutscher Werkbund, 'n ekonomies-kulturele vereniging van kunstenaars, argitekte, entrepreneurs en deskundiges wat in 1907 in München in die lewe geroep is.

Van de Velde word as een van die veelsydigste Jugendstil- en Art Nouveau-kunstenaars beskou wat die toegepaste kuns van sy tyd fundamenteel vernuwe het. Sy werke, wat in verskillende materiale uitgevoer is, het sterk gekontrasteer met die saaklikheid van laat 19de eeuse kunsstromings.

  1. www.villaesche.de: "Ein Entwurf für das Leben" - Die Idee des Architekten

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search